Almal wag vir die nuwe brandstofprys

Daar is sommige voorspellings dat die plaaslike brandstofprys met tot 1 dollar en 65 sent kan styg vir April maar, kenners en ekonome wil hul nie daaraan verbind nie. Die olieprys was redelik wisselvallig die afgelope maand maar het nie onder 115 Amerikaanse dollar ‘n vat in beweeg nie. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm verwag ook onderverhalings en dus ‘n styging.

Daar word verwag dat die volgende brandstofprysverhoging op 6 April in werking sal tree omdat dit altyd van toepassing is op die eerste Woensdag van die maand, maar die ministerie van myne en energie is doodstil oor wanneer die prys bekend gemaak sal word.