Reaksie op uiters hoë tienerswangerskappe

Reaksie word ontvang op navorsing wat toon dat een uit elke vyf Namibiese meisies tussen die ouderdom van 15 en 19 reeds ‘n kind het. Die VN se bevolkingsfonds het die navorsing plaaslik uitgevoer. In 2020 het die hoeveelheid swangerskappe onder tienermeisies verdubbel en daar is net minder as 3 630 gedurende daardie jaar aangeteken. Dylan Mukoroli, woordvoerder van die Namibiese studente-organisasie, Nanso, sê opvoeding moet voortduur maar, nie net vir meisies nie.