Mynwese opgewonde oor 2022

Die Namibiese Kamer van Mynwese verwag ‘n uitstekende jaar vir die bedryf. Ekonome het ook voorspel dat die moontlike 4 persent groei vanjaar deur die mynwese aangedryf sal wees. Die kamer se uitvoerende hoof, Veston Malangu, sê kommoditeitspryse is op die oomblik uitstekend en baie aantreklik vir beleggers. Daar is ook verskeie projekte vir goudeksplorasie sowel as uraan omdat dié kommoditeit se prys ook stadig herstel, veral na vraag wat toeneem uit China. Die diamantbedryf het ook herstel.