Mynwese-expo weer afgestel

Die Namibiese Kamer van Mynwese het weer die Mynwese-expo, wat op 1 en 2 September vanjaar sou plaasvind, afgestel. Volgens die kamer se hoof uitvoerende beampte Veston Malangu sal die expo ook nie deur middel van ‘n virtuele formaat aangebied word nie. Die gebruiklike Mynwese-konferensie wat saam met die expo gehou word, sal wel virtueel op 1 September gehou word. Die gewilde expo is ook verlede jaar afgestel.