Musk sou saak verloor het, daarom Twitter ommekeer

Die verhandeling van Twitter-aandele is gister gestaak te midde van berigte dat die miljardêr, Elon Musk, voorgestel het hy gaan voort met sy aanbod om die maatskappy teen 955 Namibiese dollar 70 sent per aandeel te koop. Dit volg ná ‘n maande lange geveg tussen Musk en Twitter terwyl die miljardêr beweer het die werklike getal bots op die sosiale netwerk is baie meer as wat hulle gedink het. Hy sou Twitter later die maand in die hof ontmoet nadat hy probeer het om aan die oorname te onttrek. Kenners meen hy het  die ommekeer gemaak omdat hy weet hy nie in die hof sou wen nie maar, dat hy homself in die voet geskiet het omdat die maatskappy nie meer as 30 miljard Amerikaanse dollar, voor die daling in die aandeelprys, werd was nie. Musk sal 44 miljard Amerikaanse dollar betaal.