Lof vir Transnet se korrupsie-ondersoek

Die Afrika-spoornywerheidsvereniging het die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika se vordering met die Transnet-korrupsiesaak verwelkom. Die NVG sê sy ses-maande plan om staatskaping by staatsondernemings aan te pak, is goed op koers. ‘n Paar sake is aan die gang en die saak van 398,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand waarby die voormalige uitvoerende hoof, Brian Molefe, en die finansiële hoof, Anoj Singh, betrokke is, is ‘n prioriteit. Die vereniging se woordvoerder, Mesela Nhlapo, sê korrupsie by Transnet raak die hele bedryf: