MPLA loop net-net voor, 86% stemme getel

Angolese kiesers wag in spanning op die uitslag van die mees streng betwiste verkiesing tot dusver in die land se geskiedenis. Vroeë uitslae toon ‘n redelike groot marge vir huidige president, Joao Lourenco. Lourenco is die president van die regerende MPLA-party en dit wil voorkom asof hy tot dusver net meer as 52 persent van die stemme op hom verenig het, met 86 persent van die stemme wat getel is. Unita, die hoof opposisie het net minder as 43 persent. Die MPLA regeer Angola vir byna 50 jaar nadat die land onafhanklikheid van Portugal gekry het. Lourenco het korrupsie onder sy voorganger, Jose Eduardo dos Santos, aangespreek en veral die bates van die Dos Santos-familie laat vries en opgeëis.