Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur die langnaweek

Dit is lang naweek en die Namibiese paaie gaan volgens verkeersowerhede besig wees. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersafdeling, kommissaris Amalia Gawanas, maan padgebruikers om versigtig en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie. Sy het aan Kosmos 94.1-Nuus gesê padgebruikers moet by die reëls hou om ongelukke te vermy.