Emma Theofelus word deur die BBC vereer

Die Namibiese inligtingsministerie het sy adjunkminister Emma Theofelus gelukgewens met haar prestasie om as die jongste Namibiese minister deur die BBC vereer te word. Sy is een van BBC se honderd inspirerende en invloedryke vroue wêreldwyd aangewys.