Motordiefstalle neem toe by Johannesburgse hospitaal

Die DA in Gauteng sê motors wat by of naby die Charlotte Maxeke-Johannesburgse hospitaal geparkeer word, word steeds gesteel ondanks ‘n yslike 40,1 miljoen rand wat jaarliks aan sekerheid bestee word. Daar was in April ‘n brand by die hospitaal en daarna moes werkers hul motors op verskeie plekke parkeer, insluitend buite in die straat. Die DA-lid Jack Bloom het gereageer op personeel se versetoptrede by die hospitaal.