DA-leier: Dienslewering belangrik in koalisies

Die DA-leier John Steenhuisen sê die party het begin om koalisiegesprekke met ‘n aantal partye te voer in munisipaliteite waar daar nie ‘n volstrekte meerderheid bereik is tydens verlede week se verkiesing nie. Dit sluit nie die ANC en die EFF in nie. Steenhuisen sê dienslewering sal ook vooropgestel word in die koalisieregerings.