Eskom gaan munisipaliteite voor stok kry oor wanbetaling

Eskom se groephoof vir verspreiding, Monde Bala, sê ‘n intensiewe ondersoek is van stapel gestuur na munisipaliteite wat nie voldoen aan die vereiste beurtkrag nie. Hy sê regstellende optrede is ingestel en alle kliënte is per brief in kennis gestel. Die kragvoorsiener het ook die energie-reguleerder, Nersa, gevra om munisipaliteite voor stok te kry. Eskom gaan nou daaglikse nuuskonferensies hou om die publiek ingelig te hou terwyl beurtkrag voortduur.