Mosies om gekaapte Gauteng-gebou terug te kry, verwerp

ActionSA in Gauteng het sy teleurstelling uitgespreek nadat die programmeringskomitee van Stad Johannesburg se raad twee van sy geborgde mosies om gekaapte geboue in die middestad terug te kry, verwerp het. Die kommissie van ondersoek na die dodelike brand wat 77 lewens in die gekaapte Usindiso-gebou in Marshalltown geëis het, begin hulle ondersoek volgende maand. Khomo Mashala van ActionSA sê een van die mosies was om gekaapte geboue te onteien en aan beleggers te oorhandig om in bekostigbare huur-eenhede te omskep: