Die smokkel van brandstof word deur armoede aangedryf

Brandstofsmokkelary gaan onverpoosd voort in die noorde van Namibië. Vulstasie-operateurs kla dat hulle meeding met goedkoop brandstof uit Angola, wat die voortbestaan van hul ondernemings bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Andreas Simon, die woordvoerder van die energie-ministerie, wat deel dat armoede die oorsaak van die smokkelary is en dat hulle alles doen wat hulle kan om dit stop te sit.