Farrell sê kragmeting teen Bokke is nie einde van die wêreld nie

Ierland se afrigter, Andy Farrell, sê hul Wêreldbeker Groep B-wedstryd Saterdag teen Suid-Afrika is nie die einde van die wêreld vir sy span nie. Ronan Kelleher sal op haker begin met Dan Sheehan, wat van ‘n besering herstel het, op die bank. Skrumskakel Jamison Gibson-Park keer terug in die plek van Conor Murray en is die enigste verandering in die span wat Tonga geklop het. Farrell sê hy het ‘n sterk span gekies wat in staat is om die wêreldkampioene aan te durf. Ierland loop tans voor in Groep B ná oorwinnings oor Roemenië en Tonga.