Moordsyfer in SA van die hoogste ter wêreld

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika is steeds onder die lande met die hoogste moordsyfer. Dit volg ná ‘n toename in massaskieterye in verskeie provinsies oor die afgelope weke. Gabriel Crouse van die instituut sê Suid-Afrika beleef ‘n groot krisis ten opsigte van veiligheid. Hy sê misdaadvoorkoming moet op die voorgrond wees, en vra dat die wetstoepassing-sektor reggestel word: