Man City beskuldig van oortredings in finansiële regulasies

Engeland se Premierliga beskuldig Manchester City van verskeie oortredings van sy finansiële regulasies. Die liga beweer dit het vanaf 2009 tot 2018 plaasgevind. Dit is glo oortredings ten opsigte van onder meer inkomste en bedryfskoste, reëls wat vereis dat ʼn lidklub volledige besonderhede verskaf van die salarisse van sy bestuurder en spelers, UEFA se reëls oor finansiële billike handel en die liga se reëls oor winsgewendheid en volhoubaarheid. Die huidige bestuurder van Italië, Roberto Mancini, was in beheer by City vanaf Desember 2009 tot Mei 2013. Die ondersoek het in Maart 2019 begin.