Mkhwebane vies dat sy ontbloot is

Die geskorste Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane sê die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het haar as ‘n fluitjieblaser ontbloot. Dit hou verband met haar bewering dat drie hooggeplaaste ANC-amptenare in die Parlement glo omkoopgeld van 600-duisend-rand van haar geëis het om die ondersoek na haar bevoegdheid vir haar amp te laat verdwyn. Mkhwebane sê sy het aan die speaker geskryf en gevra om privaat te ontmoet om die bewerings te bespreek: