Pro-gaygroep oorhandig ook petisie vandag

‘n Pro-gay-huwelikgroepering, bekend as Shut It All Down Namibia, hou vanoggend hul eie protes, ter ondersteuning van die hooggeregshof se beslissing oor die kwessie. Die aankondiging kom te midde van die tien-uur optog teen die hof se beslissing wat deur die Koalisie van Kerke en Organisasies gehou word. Die Shut It All Down-groep vra op sy beurt ondersteuners om half-tien voor die ou kantore van binnelandse sake in Onafhanklikheidsrylaan bymekaar te kom. ‘n Petisie sal ook deur dié groep oorhandig word. Hulle vra ook vir ‘n sterk sosiale media veldtog met die hutsmerk Shut It All Down Namibia, ter ondersteuning van menseregte en die regte van die LGBTQ-gemeenskap.