Aanval op sokker-skeidsregter ten sterkste veroordeel

Die Professional Game Match Officials Limited, wat verantwoordelik is vir om vir wedstryde in Engeland te blaas, het die aanval op Anthony Taylor veroordeel. Die Brit en sy gesin is gister deur ‘n groep Roma-ondersteuners by die Boedapest-lughawe geteister nadat die Italiaanse span deur Sevilla in die Europa-liga se eindstryd geklop is. Hy het 13 geelkaarte, die meeste ooit in ‘n Europa-ligawedstryd, uitgereik. Sewe is aan Roma uitgereik wat ‘n rekord vir ‘n eindstryd is. Die skeidsregtersliggaam beskryf die aanval as onregverdig en aanstootlik.