Missiel-aanval naby Odesa, op woonstelgebou

Ten minste 18 mense is dood en tientalle beseer in missielaanvalle op die Odesa-streek in Oekraïne. Die aanvalle is gedoen ‘n dag nadat Russiese magte teruggetrek het van die strategiese Snake Island aflandig van Odesa aan die kus van die Swartsee. Nooddienste sê die missiele het vroeg vandag ‘n woonstelgebou van nege-verdiepings en ‘n ontspanningsentrum getref. Dit was ongeveer 80 kilometer suid van Odesa.