Petrol op met N$1.88 en diesel met N$1.34

Die Namibiese petrolprys styg op 6 Julie met 1 dollar 88 sent per liter wat die Walvisbaai pompprys tot op 22 dollar 28 sent te staan bring. Diesel styg met 1 dollar 34 sent met in Walvis pompprys van 22 dollar 77 sent. Die olieprys het gedurende Junie vanaf 109 Amerikaanse dollar per vat tot ‘n hoogtepunt van 123 dollar ‘n vat verhandel en terwyl hy tans op 110 Amerikaanse dollar staan, het die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar verswak en bo 16 rand die hele maand verhandel. Kenners meen daar sal nie in die korttermyn enige verligting in brandstofpryse wees nie.