Misdaadsindikate reeds teenwoordig, oudpolisieman waarsku reeds jare lank

Daar word berig dat misdaadsindikate reeds hulle opwagting in Namibië gemaak het. Namibië was tot onlangs nog gelukkig met misdaad wat baie meer opportunisties was maar die blyk om nie meer die geval te wees nie. Volgens die jongste indeks van georganiseerde misdaad deur die Global Initiative against Transnational Organised Crime, is Namibië 42ste op die vasteland geplaas vir die tipe misdaad. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid kommissaris Hermie van Zyl waarsku jare reeds dat Namibië sy grense moet versterk.