Ruud palm 5 titels in

Casper Ruud van Noorweë het die eerste speler hierdie seisoen te word om vyf titels in te palm toe hy Cameron Norrie van Brittanje met 6-stroop, 6-2 verslaan het in die eindstryd van die ATP-toernooi in San Diego. Dit was ook sy eerste hardebaan-titel. Ruud het die gewese wêreld nommer-drie, Grigor Dimitrov, in die half-eindstryd geklop nadat hy in Julie binne drie weke drie toernooie gewen het. Hy is nou agtste in die wedloop om die ATP-eindtoernooi wat volgende maand in Turyn, Italië, plaasvind.