Minstens 22 mense beseer in aardbewing in China

Minstens 22 mense is beseer toe ‘n aardbewing van 5,5 op die Richterskaal gister die Ninglang-distrik van China se suidwestelike Yunnan-provinsie voorgekom het. Die episentrum was sowat 60 kilometer van die distrikshoofstad Lijiang op ‘n diepte van 10 kilometer.