Vryheidsfront Plus bekommerd oor brandskade aan kunswerke in parlement

Die Suid-Afrikaanse parlement is besig met ‘n ondersoek na aanduidings dat geen parlementêre veiligheidspersoneel aan diens was om waarskuwingseine te monitor oor die brand wat gister groot skade aan die parlementsgebou in Kaapstad aangerig het nie. Die Vryheidsfront Plus sê hulle is hartseer oor die verwoestende brand, nie net oor die geboue wat geraak word nie, maar ook oor kunswerke en dokumente. Die partyleier, Pieter Groenewald, sê dit is ‘n onvervangbare nalatenskap en vra dat ondersoek ingestel word.