Ministerie sloer met Huurraad

Die Affirmative Repositioning-beweging het in 2022 ‘n beroep op die ministerie van stedelike ontwikkeling gedoen om die Wetsontwerp op Huurbeheer as ‘n saak van dringendheid af te handel. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, ‘n aktivis van die beweging gepraat oor ‘n vergadering van die Studente-unie van Namibië oor die kwessie. Hy sê die gesloer wys ‘n gebrek aan innovasie by die ministerie uit.