Ministerie sê oor eksamenuitslae

Die vakansieseisoen het aangebreek vir leerders, by beide hoërskole en laerskole, en hulle het reeds hul rapportkaarte gekry. Die nuwe skooljaar begin amptelik vir onderwysers op die 11de Januarie, terwyl leerders op die 15de Januarie sal begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur by die onderwysministerie, wat ‘n opdatering het oor wanneer die matriekuitslae bekend gemaak sal word.