Ministerie sê geen olifante is vir Dubai bestem nie

Die verkoop van 170 olifante wat die omgewingsministerie verlede jaar van stapel gestuur het, is weer in die nuus. Die vryskut-joernalis John Grobler is die naweek, saam met ‘n kollega gearresteer nadat hulle ‘n hommeltuig ontplooi het oor privaatgrond naby Gobabis.Volgens Grobler is 23 van die opgeveilde olifante in die gebied aangehou, om verkoop te word aan ‘n dieretuin in Dubai. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie, sê daar is geen rekord dat die diere bestem is vir Dubai nie.

Hy voeg by dat owerhede binnekort sal aankondig waarheen die opgeveilde diere vervoer sal word.