Gayhuwelike draai in hooggeregshof

Plaaslike berigte lui dat beide Johann Potgieter en Anette Seiler hulle geveg vir die reg om hulle selfdegeslag huwelike plaaslik erken te word, na die hooggeregshof gaan neem. Regslui vir die twee, wat altwee met buitelanders getroud is, het reeds dokumente by die hof ingedien om te appelleer teen die hoërhof se beslissing om hulle aansoek van die hand te wys. Die drie hoërhofregters het in Januarie die aansoekers aangeraai om die saak na die hooggeregshof te neem omdat hulle hande afgekap is deur die Frank-beslissing van meer as 20 jaar gelede wat gebruik word teen selfdegeslag huwelike in die land.