Ministerie oor die kole gehaal oor litium
Die ministerie van myne en energie verskyn voor die Parlementêre Komitee op Natuurlike Hulpbronne oor litiumontginning. Die bedryf wil eenvoudig nie die nuustoneel verlaat nie en Xinfeng se bedrywighede draai ook in die hoërhof. Komitee-lid en LP Kletus Karondo, het sy vraag oor die ontginning so gestel.
Die direkteur in die ministerie Isabella Chirchir sê daar is verskillende vlakke van lisensies.