Minister ontslaan geskorste direkteur-generaal oor eiendomstransaksie in New York

Die Suid-Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het die departement se geskorste direkteur-generaal, Kgabo Mahoai, oor ‘n verbroude eiendomstransaksie van 118-miljoen-rand in New York ontslaan. Mahoai se ontslag volg ‘n maand nadat hy in ‘n dissplinêre verhoor skuldig bevind is op verskeie aanklagte. Dit sluit in ernstige nalatigheid, ernstige pligsversuim en kontrakbreuk, asook onreëlmatige, onnodige en nuttelose uitgawes. Die eiendom was veronderstel om Suid-Afrika se permanente afvaardiging na die Verenigde Nasies en die konsulaat in New York te huisves.