Armoede wek kommer in Suid-Afrika

Statistieke Suid-Afrika sê armoede in die buurland se huishoudings het die afgelope 21-jaar met 100-persent toegeneem. Volgens sy jongste studie, is die broodlynbedrag tans 624-rand per persoon per maand. Dit verdubbel tot een-duisend-335-rand wanneer ander basiese items bygevoeg word. Volgens die studie, het die Covid-19-pandemie honger en armoede in die lande vererger. Dr Ronald Ngam van die Luxemburg-stigting sê die onlangse voorvalle van plunder in die buurland is ‘n verdere teken van toenemende armoede.