Minister gee nuwe identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van brand op Swakopmund

Die Namibiese minister van binnelandse sake, Albert Kawana, het 33 identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van die brand by die DRC informele nedersetting op Swakopmund oorhandig. ‘n Brand het hulle huise onlangs vernietig en hulle word tydelik by die Mondesa-sokkerstadion op Swakopmund gehuisves.