Swapo reageer op grondgryp in die hoofstad

Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, het gereageer op die grondgryp gister in die hoofstad. Sowat 200 inwoners het toegesak op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek, en grond vir hulself uitgesit. Kosmos 94.1 Nuus het aan Shaningwa gevra wat Swapo se mening oor die grondgrypsituasie is.

Shangingwa het ook gereageer op die Affirmative Repositioning-beweging se bewerings dat Swapo probeer om die Windhoek-burgemeester, dr. Job Amupanda, te saboteer.