Naskokke na skudding in Gauteng verwag

Die Raad vir Geo-wetenskappe in Suid-Afrika waarsku oor moontlike naskokke ná ‘n trilling gister in verskeie dele van Gauteng gevoel is. Die aardbewing van 4,2 is tot by Alberton in Ekurhuleni nagespoor waar die middelpunt tien-kilometer ondergronds was. Dele van Northcliff, Glenvista, Kensington, Germiston, Boksburg en selfs die noorde van Pretoria is geraak. ‘n Woordvoerder van die raad, Michelle Grobbelaar, sê inwoners sal dalk nie eens die naskokke voel nie.