Minderjariges bedryf glo hondegevegte in die Kaap

Die Kaap van Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging het ‘n hofbevel verkry om nege honde te skut wat by onwettige hondegevegte by Tafelsig in Mitchells Plain, betrokke is. ‘n Woordvoerder van die DBV, Belinda Abraham, sê die honde gaan by hulle bly tot ná die afhandeling van die hofverrigtinge. Die DBV het die honde van die perseel verwyder ná ‘n anonieme wenk. Die honde-eienaars is glo minderjariges. Abraham sê indien enige van die kinders aan dieremishandeling skuldig bevind word, is dit die hof wat moet besluit oor watter soort straf hulle moet kry.