Uitvoere krimp in Julie met 49%

Die jongste Namibiese handelsyfers is bekend. Op ‘n maandgrondslag het uitvoere in Julie vanjaar met 49 persent gedaal as gevolg van laer koper-, vis- en diamant-uitvoere. Invoere het ook ‘n afname getoon en teenoor Junie, het dit met 23 persent gedaal, veral as gevolg van koper en koper-erts vanuit Zambië. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm sê die klem val op die mynbedryf.