Minder rompslomp, meer beleggings, meer werk

Die Wes-Kaapse regering sê hy is vasbeslote om dit vir die privaat sektor so maklik moontlik te maak om in die provinsie sake te doen en werk te skep. Die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het tussen Maart 2019 en Maart verlede jaar die provinsiale regering 2,4 miljard Suid-Afrikaanse rand gespaar deur sy Rompslomp-verminderingseenheid. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die vermindering van rompslomp maak dit makliker om in die provinsie te belê: