Minder ongelukke dié feesseisoen op Namibiese paaie

Die meeste motoriste het hulself goed gedra tydens die feesseisoen, volgens hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar was minder ongelukke die afgelope feesseisoen in vergelyking met verlede jaar. Die padblokkade by Swakopmund, asook by Okapuka tussen Windhoek en Okahandja, is tans druk besig met vakansiegangers wat op pad terug is huis toe.