Dertig Suid-Afrikaners neem aan Dakar-tydren deel

Motorsport: Suid-Afrikaanse spanne het die naweek min vordering gemaak toe die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië weggespring het. Dertig Suid-Afrikaners neem deel. In die eerste helfte van die sneltrajek van 333 kilometer het Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel eerste geëindig in hulle Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Hilux T1 Plus. Die Suid-Afrikaners Giniel de Villiers en Dennis Murphy het sewende geëindig, terwyl Henk Lategan en Brent Cummings 52ste klaargemaak het. Die sogenaamde Kalahari Ferrari, Ross Branch, het negende geëindig in die motorfietskategorie.