Min kinders in Afrika bly by biologiese ouers

Die persentasie van kinders in Afrika wat by hul biologiese ouers bly, is die laagste onder swart mense en Kleurlinge, volgens Statistiek SA. Volgens statistieke is slegs 31,7 persent swart vaders in huishoudings teenwoordig waar hul kinders woon en 51,3% Kleurling-vaders. Dr. Phanuel Kaapama, ‘n lektor in die departement van politieke en administratiewe studies aan die Universiteit van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie statistieke is meer volgens Europese kultuur en nie die ubuntu-filosofie in Afrika van wat ‘n biologiese ouer is nie.