Miljoene in China ingeperk weens Covid-vlaag

Miljoene mense in China is weer ingeperk nadat vlae van die Covid-virus weer in sekere dele voorkom. Die inperkings is ingestel ingevolge die regering se beleid om deurlopend streng op te tree om die virussiekte te probeer stuit wat die ekonomie aanhou belemmer. Die maatreëls raak die suidelike stede Shenzhen en Guanzhou. Stede in die noordelike en westelike dele gaan ook onder regulasies gebuk. In Dalian, ‘n stad in die Noorde, word meer as die helfte van die ses miljoen inwoners deur die maatreëls geraak.