Twee mynwerkers vasgetrek vir moord, 10 vir aanranding

Twee vermeende onwettige mynwerkers is in Randfontein, Gauteng in hegtenis geneem vir moord en tien is in hegtenis geneem vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit volg nadat die polisie in kennis gestel is van vigilante-optrede by Bhongweni in Randfontein terwyl hulle Dinsdag ‘n operasie teen onwettige mynwerkers in die gebied uitgevoer het. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê met hul aankoms het die polisie twee mense gered wat deur tien mense, vermoedelik onwettige mynwerkers, aangerand is.