Voorbehoedmiddels moet nie as medisyne geklassifiseer word

Voorstanders van seksuele en voortplantingsregte vra voorbehoedmiddels moet nie meer as medisyne geklassifiseer word nie en sê dit sal baie help om voortgesette toegang te verbeter. Dit volg op ʼn nuwe verslag wat toon die persentasie uit-voorraad by hospitale staan op 40 persent, en die departement van gesondheid erken daar is voorsieningsprobleme. ʼn Woordvoerder van Dokters Sonder Grense, Lucy O’Donnell glo selfbestuurde voorbehoedkeuses kan vroue meer alleenreg verskaf oor hul liggame. Sy sê ook die departement slaag nie daarin om vermoë te vergroot met die verskaffing van langerwerkende, omkeerbare moderne voorbehoedings-metodes nie.