Metanol in bloed van 21 slagoffers van taverne gekry

Die Oos-Kaapse direkteur-generaal van gesondheid, Litha Matiwane, sê daar was metanol in die bloed van die 21 jongmense wat in die tragedie in die Enyobeni-taverne gesterf het. Hy sê hulle wag nou vir bloedtoets-uitslae om te sien of ‘n toksiese vlak van metanol ingeneem is. Matiwane sê hulle het ook die bloed vir alkohol- en koolstofmonoksied-vergiftiging getoets, maar gevind dat die vlakke nie hoog genoeg was om hul dood te veroorsaak nie. Hy sê metanol is ‘n chemiese bousteen vir honderde alledaagse produkte, insluitend plastiek, verf, motoronderdele en boumateriaal.