Menzies Aviation verloor nog ‘n aansoek

Menzies Aviation se aansoek vir ‘n bevel dat regter Shafimana Ueitele se vroeëre bevel bekragtig word, is vanoggend deur Ueitele van die hand gewys. In ‘n interlokutêre aansoek het Menzies redelike kennisgewing om die perseel by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te verlaat, gevra. Die maatskappy is op 19 Augustus uitgeskop en Paragon Aviation het oorgeneem. Dit het tot groot konsternasie gelei maar intussen het dinge genormaliseer met Paragon wat intussen ook die nodige sertifisering gekry het.