Meld agressiewe honde aan, vra Oshakati-dorpsraad

Katarina Kamari, woordvoerder van die Oshakati-dorpsraad, versoek  inwoners om by die dorp se honderegulasiebeleid te hou, wat bepaal dat inwoners moet verseker dat hulle nie meer as twee honde besit tensy ‘n spesiale permit verkry word nie. Dit kom nadat vier honde Sondag die 44-jarige Ruben Abraham in die dorp aangeval en vermoor het. Alle honde moet binne die eienaar se perseel of erf wees en moet aan ‘n leiband wees wanneer hulle buite die erf is. Honde moet ingeënt word en moet ook uitgereik word met ‘n hondelisensie by die Oshakati dorpsraad se kantoor. Kamari doen ook ’n beroep op inwoners om enige aggressiewe of gevaarlike diere by die betrokke owerhede aan te meld.