Meghan en Harry haal TIME-100

Megan Markle en prins Harry het die 2021 TIME-100-lys van die mees invloedryke mense gehaal, en is vir die eerste keer saam op die voorblad van die tydskrif. Die paartjie word vereer vir hulle humanitêre werk met hulle Archewell-stigting. Die hertog en hertogin van Sussex werk saam met die World Central Kitchen-welsynsgroep om vier gemeenskapshulpsentrums op te rig. Ander individue wat die lys gehaal het sluit in die Amerikaanse President Joe Biden, die sanger Dolly Parton, die Olimpiese atleet Simone Biles en die aktrise Kate Winslet.