Suide se damme is oorlopens toe vol

Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië is die Suide-damme steeds oorlopens toe vol met die Nautedam wat 100,8 persent vol is, die Neckartaldam 100,5 persent en die Hardapdam is 73 persent vol. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam 97,6 persent vol en die Von Bachdam 52,9 persent. Die totale stand van damme landwyd staan tans op 84,9 persent, wat net effens minder is as verlede jaar se 88,4 persent die ooreenstemmende tydperk.